In Graad RR en R streef ons daarna om u kind reeds op ‘n vroeë ouderdom bewus te maak van God en Sy liefde. Ons help elke kind om sy of haar unieke eienskappe te ontdek en te ontwikkel, soos hy of sy geskape is. Deur spelgebaseerde en informele leergeleenthede ondersteun ons die ontwikkeling van alle vaardighede volgens elke kind se ouderdom en tempo. Ons plaas ook sterk klem op sosiale ontwikkeling, sodat positiewe interaksie en verhoudings natuurlik kan groei. Terselfdertyd bring ons iets van die ouerhuis na die skool deur ‘n warm, veilige en gesellige atmosfeer te skep waar kinders tuis voel. Binne hierdie ruimte word elke kind aangemoedig om hom- of haarself vrylik uit te leef en met selfvertroue te ontwikkel.
By Laeveld Lollies glo ons dat elke kleuter uniek is en die nodige ondersteuning verdien om optimaal te ontwikkel. Daarom bied ons verskeie ondersteuningsdienste aan, insluitend arbeidsterapeute, spraakterapeute en ’n Mind Moves-instruktrise, wat beskikbaar is om ouers by te staan. Hierdie span werk nou saam met ons onderwysers om elke kleuter se volle potensiaal te help ontwikkel. Dit is ’n addisionele diens wat aan die skool gelewer word. Ons arbeidsterapeute fokus op die ontwikkeling van fyn- en grootmotoriese vaardighede, sensoriese verwerking en selfhelpvaardighede, en help ook met daaglikse aktiwiteite soos knip, inkleur en die korrekte potloodgreep. Ons spraakterapeute ondersteun taal- en spraakontwikkeling deur speletjies en aktiwiteite wat woordeska…



















Ouers kan gerus ons skool se klerebank besoek. Hier kan tweedehandse skooluniforms van goeie gehalte ingeruil of teen bekostigbare pryse aangekoop word. Dit is ’n praktiese manier om geld te spaar en steeds netjiese klere te bekom.
Die klerebank is oop van Maandae tot Vrydae tussen 07:00 en 08:00 op die seniorblok se derde vloer.