Ken Hom en leef

Waardegedrewe, gebou

op Christelike

norme en waardes

Wat maak ons Spesiaal?

“Ken Hom en Leef” is ’n lewende getuienis van dit waarin ons glo. Gesonde dissipline word hier gehandhaaf, met ’n sterk fokus op die karakterbou en holistiese vorming van elke individu. In hierdie strewe vorm ons ouergemeenskap ’n integrale deel van die opvoedingspan.

Hoë akademiese standaarde word konsekwent gehandhaaf met die ondersteuning van hoogs bekwame en kundige personeel. Leerders word toegerus om hulself te handhaaf en die uitdagings van die toekoms met selfvertroue die hoof te bied. Daar word ook doelbewus aandag geskenk aan die ontwikkeling van kreatiewe en innoverende denke.

’n Wye verskeidenheid sport- en kulturele aktiwiteite dra by tot die vestiging van ’n gesonde, gebalanseerde lewensuitkyk. Hier word kinders geleer om die lewe met oorgawe te leef, gemotiveer deur ’n strewe na betekenis en die begeerte om verantwoordelike en wyse keuses te maak.

Ons Waardes

Geloofsgedrewe

Ons leef ons geloof uit en bou leerders se karakter op ’n fondasie van waardes.

Akademiese Uitnemendheid

Ons handhaaf hoë standaarde en ondersteun leerders om hul volle potensiaal te bereik.

Vennootskap

Ons ouers is ’n integrale deel van ons opvoedingspan en reis saam met ons.

Kreatiwiteit & Innovering

Ons ontwikkel kreatiewe en innoverende denke om leerders voor te berei vir die toekoms.

Holistiese Ontwikkeling

Ons bevorder ’n gebalanseerde leefstyl deur sport, kultuur en persoonlike groei.

Verantwoordelikheid

Ons bemagtig leerders om verantwoordelike en wyse keuses te maak.

Ratwerk

Administratiewe Werking
Graad RR Inskrywings

Klik hier om die aanlyn registrasieproses vir Graad RR op die d6-platform te begin.

Graad R Inskrywings

Klik hier om die aanlyn registrasieproses vir Graad R op die d6-platform te begin.

Graad 1-7 Inskrywings

Klik hier om die aanlyn registrasieproses vir Graad 1-7 op die d6-platform te begin.

Kontrolevorm


U sal na die d6-portaal geneem word om die vordering van u aansoek na te gaan.

Naskool inskrywing

Stuur direk ʼn e-pos na ons finansiesafdeling vir die nodige naskool-aansoekvorms.