Uit die Hoof se pen

By Laerskool Laeveld glo ons dat elke kind uniek is, en dat elke dag ’n nuwe geleentheid bied om te groei – akademies, sportief, kultureel en geestelik. Ons is ’n dinamiese skoolgemeenskap met ’n ryk tradisie van uitnemendheid, waar waardes soos respek, dissipline, verantwoordelikheid en geloof die fondament vorm van alles wat ons doen.

Met ons leuse “Ken Hom en Leef” as rigtingwyser, streef ons daarna om nie net kennis oor te dra nie, maar lewenswysheid en karakter te vorm. Ons personeel is toegewyd, ervare en passievol oor kinders en onderwys – en ons fasiliteite weerspieël ’n leeromgewing wat moderne ontwikkeling, balans en kindwees ondersteun.

Laerskool Laeveld is ’n plek waar kinders hulself kan wees, met arms wyd oop verwelkom word, en veilig voel om hul volle potensiaal te bereik. Hier word elke kind raakgesien en elke mylpaal gevier.

Ons nooi u uit om ons skool te ontdek – ’n plek waar jy werklik tuis voel.

Mnr. N Jacobs | Hoof

Ons Visie

Opvoedende onderrig en geheelskoolontwikkeling

Missie Stellings

  • Vestig en verbeter ‘n waardegedrewe instelling
  • Bou gesonde verhoudings as waardegedrewe skool
  • Skep trots, toegewydheid en bou karakter deur die volgende kernwaardes: Respek, Verantwoordelikheid, Entoesiasme, Uithouvermoë, Integriteit en Betroubaarheid
  • Bou en versterk positiewe gedrag en optrede deur voortdurende intervensie
  • Doelgerigte inspirerende onderrig en voortdurende leer
  • Handhaaf hoë akademiese standaarde
  • Inklusiewe onderrig en konsessies vir leerlinge met leergeremdhede en akademiese agterstande
  • Vestig en verbeter ‘n veilige en estetiese leeromgewing
  • Onderhou en verbeter die skoolterrein, geboue en ander infrastruktuur
  • Skep en uitbou van leeromgewing waar tegnologie bydra tot doelgerigte onderrig, leer en ontwikkeling van effektiewe stelsels
  • Skep geleenthede waar personeel kan ontwikkel en eienaarskap neem om waarde tot die skool te voeg
  • Bevorder kwaliteit, professionele groei en uitnemendheid by die personeel
  • Streef na ‘n gesonde geestelike en maatskaplike skoolgemeenskap
  • Skep en verbeter inligtingstelsels waar leerder-, ouer- en personeelbesonderhede volledig, korrek en op datum is
  • Verskaf belangrike statistiek en inligting aan die Mpumalanga Onderwysdepartement
  • Verantwoordbare finansiële bestuur soos bepaal deur die Finansiële Beleid en rolspelers binne die Beheerliggaam, Dagbestuur en Skoolbestuur

Geskiedenis van die Skool

Die skool open amptelik op 5 Januarie 1982 met Mnr. G.F. Botes, ‘n afgetrede skoolhoof as eerste waarnemende hoof. Leerlinge vanaf Laerskool Nelspruit en Laerskool Bergland word ingeskryf. Daar word begin met slegs die Junior Afdeling omdat al die klaslokale nog nie voltooi was nie. Die eerste 9 personeellede word vanaf Laerskool Nelspruit en Laerskool Bergland hiernatoe gesekondeer. Aan die begin van die tweede termyn word die eerste gr. 4 tot 7 leerlinge toegelaat en word ‘n verdere nege personeellede vanaf bogenoemde skole hierheen gesekondeer. Die amptelike naam, Laerskool Laeveld en leuse: Ken Hom en Leef word in 1983 goedgekeur. Mnr. D.A. Barnard aanvaar diens as eerste permanente hoof vanaf die derde termyn in 1982. Hy word opgevolg deur Mnr. T.S. van Baalen vanaf 2001 tot 2015. Die huidige hoof is Mnr. T.E. Krüger en die skool se leerlingtal het vanaf 553 leerlinge in 1982 gegroei tot oor ‘n 1 000 leerlinge tans.

In die bomeryke Laeveld

Welbekend met blommeprag

Bou ons aan ons ideale,

Sal ons so hier veel vermag.

With the blue and red as colours

Sun, shine in heavens blue

May the Lord make our future bright

Our whole life through

Ken Hom en Leef: dis mos ons strewe

Proud school of our Lowveld

Know Him and Live: That is our moto

Pragskool van onse Laeveld