Ons Visie
Opvoedende onderrig en geheelskoolontwikkeling
Missie Stellings
Geskiedenis van die Skool
Die skool open amptelik op 5 Januarie 1982 met Mnr. G.F. Botes, ‘n afgetrede skoolhoof as eerste waarnemende hoof. Leerlinge vanaf Laerskool Nelspruit en Laerskool Bergland word ingeskryf. Daar word begin met slegs die Junior Afdeling omdat al die klaslokale nog nie voltooi was nie. Die eerste 9 personeellede word vanaf Laerskool Nelspruit en Laerskool Bergland hiernatoe gesekondeer. Aan die begin van die tweede termyn word die eerste gr. 4 tot 7 leerlinge toegelaat en word ‘n verdere nege personeellede vanaf bogenoemde skole hierheen gesekondeer. Die amptelike naam, Laerskool Laeveld en leuse: Ken Hom en Leef word in 1983 goedgekeur. Mnr. D.A. Barnard aanvaar diens as eerste permanente hoof vanaf die derde termyn in 1982. Hy word opgevolg deur Mnr. T.S. van Baalen vanaf 2001 tot 2015. Die huidige hoof is Mnr. T.E. Krüger en die skool se leerlingtal het vanaf 553 leerlinge in 1982 gegroei tot oor ‘n 1 000 leerlinge tans.



