Laeveld Lollies
Dankie dat u, u kleuter aan Laeveld Lollies toevertrou. Ons hoop werklik dat u kleuter ‘n verrykende tydperk by die Lollies sal beleef.
Die volgende is vir ons belangrik:
Om u kind reeds op ‘n vroeë ouderdom van God bewus te maak.
Om u kind sy/haar eie uniekheid te laat ontdek soos hy/sy geskape is.
Om u kind op ‘n spelende, informele wyse te laat ontwikkel in alle vaardighede volgens sy/haar ouderdom en vermoë.
Om u kind bloot te stel aan sosiale ontwikkeling en om positiewe sosiale interaksie met sy portuurgroep sowel as ouer en jonger kleuters te motiveer.
Om ‘n stukkie van die ouerhuis in die skool in te bring deur informeel te werk te gaan.
‘n Warm veilige en gesellige atmosfeer te skep en skool ‘n positiewe ervaring te maak.
Ook om u kind toe te laat om hom/haar op ‘n positiewe manier uit te leef.
Om u kind toe te laat om nog ‘n kind te wees.
Alle leer aktiwiteite word volgens die KABV kurrikulum uitgewerk en d.m.v. weeklikse temas aan die kleuters oorgedra.

Kleredrag
Somer
- Kortmou Laeveld Lollie T-hemp
- Donkerblou skoolkortbroek of broekrompie
- Kaalvoet
Winter
- Rooi of blou “fleece” baadjie
- Donkerblou lang sweetpakbroek of denim
- Tekkies
Hare
- Dogters: Lang hare moet netjies vas en uit die oë wees
- Seuns: Netjiese kort geknipte hare sonder patrone en strepe ingesny
Skooluniform
Skooltye
| Tyd | Program |
|---|---|
| 07h00 | Hek by die Graad RR klasse word deur ‘n Lollie Juffrou oopgesluit. |
| 07h30 | Hek 4 by die Lollie parkering word gesluit. Alle leerlinge moet dus teen 07:30 by die skool wees. Leerlinge wat na 07:30 hier aankom moet by Hek 1 aanmeld. |
| 08h00 – 12h30 | Opvoedkundige program |
| 12h30 | Skool Verdaag – Daar is ‘n wagklas vir kleuters met ouer boeties en sussies in die Laerskool. (Ma – Vry) |
| Wagklas: Maandag tot Donderdag | 12h30 tot 13h15 |
| Wagklas: Vrydae | 12h30 tot 12h55 |





