Kultuur
Laerskool Laeveld gee aan ons leerlinge die geleentheid om aan ‘n verskeidenheid van kulturele aktiwiteite deel te neem. Dit sluit die volgende in:
Die Eisteddfod bied vir ons leerlinge, Afrikaans sowel as Engels die ideale geleentheid om hulle volle potensiaal te bereik. Dit skep ‘n verhoog waarop leerlinge met selfvertroue voor ‘n gehoor optree. Ook bevorder dit konsentrasie en selfdissipline. Hulle word blootgestel aan die klein juwele in die letterkunde, en kry pitkos vir die siel. Leerlinge kan volgens hulle vermoë deelneem aan ‘n wye veld van afdelings bv. gewone en gedramatiseerde poësie en prosa, asook groepitems soos spreekkore, eksperimentele stukke, duo en trio voordragte, samesprake en monoloë. Laerskool Laeveld speel al vir baie jare ‘n leidende rol in die Eisteddfod. Met ‘n groep entoesiastiese onderwysers, puik afrigters en opgewonde leerlinge bereik Laerskool Laeveld nog elke jaar groot hoogtes. Ons bou so voort. Ons is voorwaar ‘n prestige A++ skool.

Meer Aktiwiteite
CSV
Laerskool Laeveld het ‘n baie aktiewe lewendige CSV beweging. Ons kom Woensdae tydens tweede pouse bymekaar vanaf 10:20 – 11:45.
Tydens kringtye word daar gepoog om die volgende doelstellings te bereik:
Christelike waardes tot stand te bring.
Liefde vir God en Sy Woord te kweek.
Bemoeienis te maak met elke kind en te identifiseer met hul geestelike en emosionele kwessies.
Interaksie en samehorigheidsgevoel tussen groepe te bewerkstellig.
Liefde te demonstreer en naasteliefde uit te leef.
Moontlike beplande aktiwiteite in die vooruitsig.
Verskeidenheid van programme word aangebied naamlik bybelstudie in kringe, samesang, speletjies en vele meer.
Groepsaktiwiteite – kampe – inslaapaande en uitreikaksies.
KOOR
Laerskool Laeveld poog om met Koorsang ‘n lewenslange liefde vir musiek en sang by ons leerlinge te ontwikkel. Koor leer ook ons leerlinge om deursettingsvermoë te ontwikkel en met toewyding as ‘n span saam te werk. Laerskool Laeveld beskik oor twee kore – die Juniorkoor sowel as Seniorkoor. Beide kore tree tydens skoolfunksies op asook by die jaarlikse Eisteddfod.