Laerskool Laeveld Grondslagfase

Hier by Laerskool Laeveld streef ons daarna om elke kind geborge en veilig te laat voel, sodat elke leerling sy volle potensiaal kan bereik.  Ons is ‘n span met ervare leerkragte wat ‘n passie vir die onderwys het en daar word gepoog om op hoogte te bly met die nuutste verwikkelinge in die onderwys.

Sodoende word daar ‘n omgewing geskep waar die leerlinge kan eksperimenteer, ontdek en speel-speel kan leer. Om basisvaardighede aan te leer en in te oefen is ‘n prioriteit in ons klaskamers. Die kern van ons onderrig is die leerlinge se akademiese, emosionele en geestelike vorming.

Volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV – in Engels CAPS) vir Graad 1 tot 3 het die Grondslagfase vier vakke:

  • Huistaal (Afrikaans)
  • Eerste Addisionele Taal (Engels)
  • Wiskunde
  • Lewensvaardigheid:
    • Aanvangskennis
    • Skeppende Kuns
    • Liggaamsopvoeding
    • Persoonlike en Sosiale welsyn

Insig en Inligting

Die kern van ons onderrig is die leerlinge se akademiese, emosionele en geestelike vorming.

Leerlinge met leerstruikelblokke

Ons beskik oor ‘n heronderrigklas waar die leerlinge wie stadiger vorder op ‘n weeklikse basis ekstra hulp ontvang om sodoende te voorkom dat die leerlinge ‘n akademiese agterstand ontwikkel.

Laerskool Laeveld het ‘n Heronderrigklas waar die leerders wat stadiger vorder op ‘n weeklikse basis hulp ontvang, om te voorkom dat die leerders te ver agter raak.

Dissipline (Gr 1-3)

Dissipline is baie belangrik vir orde en roetine.  Dit is belangrik dat die skool en ons ouers hande sal vat in hierdie verband.  Ons doel is om elke kind se selfbeeld op te bou en nie af te breek of te etiketeer nie.

Die Grondslagfase beskik oor ‘n dissipline stelsel waar die leerlinge die nodige vaardighede aanleer om hulle toe te rus om die korrekte optrede tydens ‘n situasie te neem.

Aan die begin van die Graad 1-jaar kry die leerlinge die geleentheid om net eers aan te pas.  Gedurende hierdie tydperk word die skoolreëls deeglik behandel en ingeoefen.  Dit duur vir ongeveer twee maande.  Daarna word die dissipline stelsel toegepas soos vir die res van die Grondslagfase.  Vanaf die 2de kwartaal word die Graad 3 leerders blootgestel aan die Graad 4-7 dissipline stelsel, sodat die oorgang na die Intermediêre fase nie so ‘n groot aanpassing sal wees nie.

Indien daar ‘n daadwerklike probleem of bekommernis is, sal die ouers onmiddellik in kennis gestel word, sodat die saak aangespreek kan word.  Net so het ons ook ‘n Positiewe punte sisteem waarmee die leerlinge kwartaalliks positiewe punte bymekaar kan maak en so vir goeie gedrag beloon word.

Wagklasse

Die Graad 1 – 2 onderrigtyd eindig om 13:00. Leerlinge wie dan nie onmiddellik afgehaal kan word nie, bly in die wagklas. Die Graad 1-2 klasonderwyser is in die klas tot 13:30 om oor u kind toesig te hou.

(Dit is u kind se klasonderwyseres se klas.) Die Graad 1-2 klasonderwyser is in haar klas tot 13:30 waar daar vir u kind toesig sal wees.

Daarna begin die buitemuurse program. U kind se klasonderwyseres is dus dan nie meer beskikbaar vir toesig nie. Alternatiewe reëlings moet dan deur die ouer getref word.

Assessering

Elke vak het spesifieke inhoud (minimum vereistes) wat elke kwartaal bemeester moet word. Formele assesseringstake soos duer die  NKABV vasgestel, word ook elke kwartaal in al die vakke gedoen. Leerlinge word tydens die aanbieding van 4 vakke deurlopend geassesseer.

Prestasiekode Beskrywing van die vaardigheid
7 Uitnemende prestasie
6 Merieteprestasie
5 Substansiële prestasie
4 Bevredigende prestasie
3 Gemiddelde prestasie
2 Elementêre prestasie
1 Nie bereik nie
Prestasiekode Beskrywing van die vaardigheid
7 Uitnemende Prestasie
6 Merieteprestasie
5 Substansiele prestasie
4 Bevredigende prestasie
3 Gemiddelde Prestasie
2 Elementere Prestasie
1 Nie beruik nie

Wat Ons Bied

  • Stimulus Maksima (Leeslaboratorium)
  • Kwaliteit onderrig

  • Opvoedkundige uitstappies

  • Rekenaarsentrum vir alle grade

  • Toegewyde personeel

  • Gereelde inligtings- en oueraande

  • Nasorgsentrum

  • Eisteddfod

  • Koor

  • Kunsuitstallings

  • Pragtige en uitstekend- toegeruste klasse

  • Biokenetikus tydens liggaamlike opvoedingsperiodes

  • Skoolondersteuningsdienste:

    • Opvoedkundige Sielkundige
    • Sielkundige Berader
    • Maatskaplike Werker
    • Spraakterapeut
    • Arbeidsterapeut
    • Heronderrig-opvoedkundige

Verslaggewing

Leerlinge ontvang ‘n formele vorderingsverslag aan die einde van elke kwartaal. Gesprekke met ouers vind deurlopend plaas en is vir ons baie belangrik.

Ouers se Rol

Leerlinge in die Grondslagfase het aanhoudende ondersteuning en hulp nodig.

Ons ouers ontvang riglyne en leiding ten opsigte van hul kind(ers) se werk aan die begin van die jaar tydens die eerste ouer-/inligtingsvergadering.Daarna word daar gereeld deur middel van klasbriewe en ouerafsprake met ouers gekommunikeer. Ons maak daarop staat dat ons ouers te alle tye ‘n ondersteunende rol sal speel en ‘n positiewe houding met opregte belangstelling in sy/haar kind se werk sal hê. Vertroue in ons personeel verseker gelukkige kinders en ouers.

Huiswerk

Laerskool Laeveld het sedert 2020 ‘n “Halwe Huiswerk vrye” skool geword, waar die werk wat huistoe gegee word, slegs indrilwerk is. Ons glo sterk daarin om ons leerlinge die geleentheid te gee om kinders te kan wees.

Skoolfonds

Gr 1-7: R1,474.00 per month x 11 months

Vooruitbetaalbaar teen die 5de van elke maand. Eerste paaiement betaalbaar teen 5 Jan 2024. R16,215.00 per leerling per jaar. (Indien die volle bedrag vereffen word voor 1 Februarie 2024 kwalifiseer u vir 'n 5% korting.)

Skooluniform