Naskoolsentrum
Die naskool skep ‘n omgewing waar leerlinge emosioneel geborge en fisies veilig kan wees. Die personeel streef daarna om ‘n positiewe ingesteldheid teenoor akademie en goeie studiegewoontes by die leerlinge te kweek sodat hulle hul volle akademiese potensiaal kan bereik. Die naskool dien ook as ‘n omgewing vanwaar ons leerlinge buitemuurse aktiwiteite kan bywoon. Leerlinge kry ook die geleentheid om lekker te speel sodat ouers met geruste harte in hul loopbane kan floreer.
Vir enige navrae rakende die Naskoolsentrum: Me. Irma van Tonder 071 447 8039 of naskool@laerskoollaeveld.co.za
Mediasentrum
Laerskool Laeveld is baie bevoorreg om oor ‘n mediasentrum met goeie hulpmiddels en bronne te beskik waarvan ons leerlinge gebruik kan word. Die sentrum bestaan uit ‘n visuele en oudio visuele afdeling. Visuele hulpbronne wissel van vakliteratuur in Afrikaans en Engels, prentversamelings en skyfies. In die Oudiovisuele-afdeling kan waardevolle hulpbronne gevind word in video versamelings, klankkasette en vele meer.
Musieksentrum
Private musieklesse word by Laerskool Laeveld aangebied. Hierdie lesse in ligte klassieke musiek word vir klavier, kitaar (picking en strumming), klawerbord, blokfluit, asook in musiekteorie aangebied.
Klavierlesse is individueel terwyl kitaar en blokfluit in groepsverband aangebied word. Leerlinge van so jonk as graad RR kan lesse bywoon. Lesse is beskikbaar vir oud en jonk, asook vir persone wat nie by die skool betrokke is nie. Vir enige navrae rakende die musieksentrum skakel gerus vir Me. Michelle Nel: 082 816 7221
Rekenaarsentrum
Laerskool Laeveld beskik oor ‘n rekenaarsentrum met 40 rekenaars en interaktiewe witbord. Hierdie rekenaars is met fiber-internet gekoppel en word vir navorsing gebruik. Die rekenaars bevat ook die nuutste Stimulus Maksima sagteware wat leerlinge tydens en na skool kan gebruik om sodoende hul lees en wiskunde vaardighede te verbeter.
Stimulus Maksima!
- Lees en Wiskunde voorbereiding
- Leer om te lees
- Lees verbetering
- Reading Rocket
- Wiskunde Verbetering