Algemeen

d6 Kommunikeerder

Dit is vir ons aangenaam om die School Communicator aan u bekend te stel – ’n innoverende en opwindende manier om met ouers te kommunikeer. Die primêre doel van hierdie sisteem is nie net om kommunikasie tussen ons ouers en die skool te verbeter nie, maar ook om ALLE briewe wat per hand versprei word te vervang. Dit gaan lei tot besparing van kostes op papier vir die skool en vir u as ouer ‘n besparing op onderrigfooie! ONS RIG DUS ‘N VERSOEK TOT U AS OUER OM HIERDIE SISTEEM OP U SELFOON OF REKENAAR AF TE LAAI!

Die School Communicator hou u ingelig oor wat by die skool gebeur. Dit word outomaties opgedateer en gee u al die jongste nuus en kalender-inligting oor geleenthede wat voorlê. Dit bevat ook ’n fotogallery, ’n kontaklys en ’n hele klompie nuttige skakels en dokumente. Om kommunikasie met u te verbeter, moedig ons u sterk aan om die School Communicator op u rekenaar en selfoon te installeer. Dit is veilig en word daagliks deur meer as ‘n ¼ miljoen mense wêreldwyd gebruik. Verskeie hoër- en laerskole in Nelspruit maak reeds gebruik van die d6 Communicator.

1.

Eerstens

Dit is maklik om die School Communicator te installeer. U kan die installeerder aflaai vanaf die School Communicator-webwerf: www.school-communicator.com/downloads.

Wanneer u dit aflaai, klik eers op “save” en dan “run”. U kan die School Communicator laai op soveel rekenaars as wat u wil.

2.

Tweede

U kan die d6 School Communicator ook op u selfoon installeer. Daar is verskillende Apps vir Blackberry, iPhone, en Android. Gaan na www.school-communicator.com/downloads van u foon af om die App op u selfoon te installeer.

3.

Ondersteuning

Kontak ons asseblief as u enige vrae het, of onseker oor sekere aspekte voel.

U kan ook die ondersteuningspan kontak as u enige probleem het om die School Communicator te laat funksioneer. Skakel  hulle by 08602211 36 of stuur e-pos na support@school-communicator.com.

Skoolgeld

Skoolgeld Gr. 1 – 7

Beloop R 13 238-00 per leerder per jaar betaalbaar in 10 paaiemente van R1 328-00 vanaf Januarie tot Oktober jaarliks.

Skoolgeld Gr. RR & R

Beloop R 14 525-00 per leerder per jaar betaalbaar in 10 paaiemente van R 1 452,50  vanaf Januarie tot Oktober jaarliks.

Skooldrag


Leerlinge moet die toepaslike winters-en somersdrag soos voorgeskryf dra. Somersdrag word gedurende die eerste – en vierde kwartaal gedra, terwyl die wintersdrag gedurende die tweede – en derde kwartaal gedra word. Alle skooldrag moet duidelik gemerk wees. Die leerders se naam en van behoort aangebring te wees. Provinsiale klere (sweetpakke) mag slegs op Maandae skool toe gedra word. Slegs leerlinge wat kwalifiseer vir ‘n Rooibaadjie mag hul rooi baadjie skooltoe dra. Leerlinge mag met die korrekte Laeveld sporthemp skool toe kom vir BK periodes en dit vir die duur van die skooldag dra. Indien nie oor die hemp beskik nie, moet hul vir die BK-periode ‘n netjiese T-hemp dra en direk na afloop van die BK weer hul skooldrag aantrek.
Die volgende skoene word toegelaat: Swart skoolskoene met bypassende lang skoolkouse, wit tekkies met bypassende kort skoolkouse, geen neon veters is toelaatbaar nie. Indien ‘n leerling nie die korrekte skoene (soos uiteengesit) dra nie, sal die leerling versoek word om die skoene vir die res van die dag uit te trek.

Indien ‘n leerling enige probleem met sy / haar skooldrag ondervind, word van die betrokke leerling se ouer of voog verwag, dat die ouer die skool sal kontak of skriftelik daarvan te verwittig. Die skool se Klerebank is op Woensdae-oggende oop vanaf 07:30 – 08:15 om nuwe leerlinge en leerders met ‘n behoefte aan tweedehandse klere by te staan. Let wel dat alle verlore klere wat nie deur leerlinge opgeeis word nie, na die klerebank gestuur word.

Klereverskaffers


  • Rieba Klere: Wylna Uys

    Nelacres Shopping Centre, Figtree Street, (013) 741 3268, info@riebaclothingshop.co.za

  • Lemonsewing Creations: Milize Viljoen

    Alkmaar, Nelspruit, 072 946 8010, info@lemonsewing.co.za

  • Dino Sportswear:

    19 Ehmke Street, Nelspruit, (013) 755 4054

Skooltye